Sonskynstad
So ‘n lieflike sonskyndag
hier in die stad. Maar, soos ons mos weet, is dit deesdae “mooi weer” wanneer
dit reёn. Dus is dit vandag ‘n “skoon” dag, maar nie ‘n “mooiweersdag” nie.
Skielik is ons tyd
hier aan die voet van die ou grote aan die uitloop. En ons koester elke tydjie
hier.
Ons wil nie meer
naweke iewers heen nie. Ons wil net hier wees en elke oomblik opslurp en vashou
en deel maak van kosbare herinneringe.
Rondloop in die
stad bly vir ons ‘n ervaring. Soms moet ons spring as ‘n motoris besluit hy
weet nie wat die goed aan pale is wat so van kleur verander nie. En alhoewel
die taxi’s hul eie reёls maak en self oortree, is dit dikwels die deftiger
motoriste wat tog so die kanse waag! En op hul selfone gesels terwyl hulle
bestuur! Ander kere loop ons sorgloos oor die straat sonder ‘n voertuig in sig!
Ja, naweke is die middestad gewoonlik stil en rustig.
En soveel mense
vra ons oor veiligheid. Nee, ons het nog nooit onveilig gevoel nie. Dis mos so
dat mens moet weet wat om jou aangaan. Waar jy ookal op hierdie aarde woon,
moet mens streetwise wees. En dit bly
vir ons wonderlik as die sekuriteitsbeamptes (wat oraloor baie sigbaar is) mens
vriendelik nader en versoek dat jy jou handsak toerits en dalk jou rugsak (met
rekenaar in) voor jou dra in plaas van op jou rug. En ja, steek maar die
juweliersware bietjie weg. Want eintlik weet ons mos: “moenie ander in
versoeking lei nie”.
Van vriendelikheid
op voetsoolvlak kan ons met vreugde getuig! En ja, die bedelaars is lastig. En
daar is altyd iewers iemand wat net ‘n kansie soek. Maar ‘n vriendelike
antwoord is steeds beter as om op iemand anders te skel. Om nooit die wyse
woorde (wat ek al voorheen gedeel het) te vergeet nie:
No comments:
Post a Comment