Tye van verandering
Met die beplanning
van ons vakansie, het ons nie geweet onse president gaan ‘n verkiesing uitroep
in die tyd dat ons langbeen wil sit nie. Ons het ons mede-landgenote vertrou
met die stemming. Hoera!
Die uitslag van
die verkiesing is vir my amper so ‘n wonderwerk soos 20 jaar gelede se gebeure.
En dit maak my net nog meer glo dat daar ‘n toekoms vir elkeen van ons is in
hierdie mooie land.
Uitdagings sal
daar wel wees, maar ons woon in ‘n komplekse land. En planne sal daar altyd
gemaak kan word. Nou nie dat alle planne altyd uitwerk nie, maar probeer sal
ons probeer.
Vreemd vir ons was
dat met die reis na die noorde het ons in Laingsburg gestop vir biltong. Toe
was dit DA. Met die terugreis stop ons in Laingsburg en koop biltong onder die
ANC vaandel. Wou mos sê die biltong het nie dieselfde geproe nie!
Skielik is daar
minder plakkate teen die pale en minder propaganda oor die verkiesing. Gister
was dit optogte vir Vrouedag hier om ons. Nou wonder ek wat volgende gaan wees.
Maar vir eers is dit Olimpiese Spele! Miskien motiveer die fikse mense my om
ontslae te raak van daai ekstra gewiggie wat so met die vakansie aangedik het…
No comments:
Post a Comment