Kies jy boosheid of broosheid?
Vroeёr die jaar is
een van die opskrifte in Die Burger “Boosheid kan verslaan word deur broosheid.”
Maar is ”verslaan” die regte woord? Boos is hard en kragtig en sleg en wreed.
Maar tog kan broosheid (wat ek met liefde assosieer) boosheid oorwin deur
liefde. Nie verslaan nie. Dalk oorwin?
Die afgelope
Olimpiese Spele was sekerlik vir ons almal ekstra spesiaal. Na al die negatiewe
dinge in die nuus, was dit heerlik om te hoor, te sien, te beleef hoe ons
atlete en hul afrigters opstaan en hard werk om nuwe hoogtes te bereik. Dikwels
sekerlik ‘n eensame pad wat baie opofferings verg. En die hartseer stories van die
wat nie daai kwalifiserende mikpunte haal nie, weet ons nie eens van nie! Maar
ons weet vir seker die medaljes gaan die jong atlete aanmoedig om aan te hou om
daai drome te jaag – letterlik en figuurlik!
Oor die radio hoor
ons van ‘n Griekse prokureur, Kalomiris, wat so nou en dan ‘n marathon in sy
land hardloop. Drie maande voor die Olimpiese Spele kyk hy op sy rekenaar na
die land se lys van atlete wat na die Spele gaan – en met verbasing sien hy sy
naam op die lys! Hy het deelgeneem met ‘n tyd van 2:37.
Caster Semenya bly
maar gedurig in die nuus. Marzanne Kok, nuusskrywer, het ‘n hele paar wyshede
kwytgeraak na aanleiding van die aanvalle op Caster. Sal Michael Phelps
gediskwalifiseer word omdat hy ekstra lang arms het? Sal Usain Bolt se
fenomenale atletiekloopbaan bevraagteken word omdat hy ekstra lang bene het?
Die manier hoe Caster die verpligte nuuskonferensie na haar welverdiende goue
medalje beheer het, wys sy hardloop nie net vinnig nie, maar werk met ‘n plan. Haar
broosheid het haar nie gedwing tot boosheid teenoor die pers nie. Wel gedaan!
No comments:
Post a Comment