Dis nou soos dit gaan
So met die intrek
in ons kasteel, kry ons ‘n heerlike verrassing van ‘n stoorkamer waarvan ons
nie geweet het nie! Dit dien sommer ook as ‘n heerlike halfwegstasie tussen die
parkeerplek en die woonstel. As die bagasie of inkopies te veel is vir een keer
se dra, pak ons dit solank in die stoorkamer vir ‘n volgende trippie.
Maar so lewer dit
ook maar die eiesoortige probleempies en frustrasietjies op. Soms soek ek na
iets en wonder of dit in die stoorkamer is. Dan pla ek vir manlief om dit saam
te bring die volgende keer met sy verbystap.
Jeremy se
strokiesprent het egter die spyker op die kop geslaan, want kommunikasie het sy
eie uitdagings!
No comments:
Post a Comment