Koek en kekkel en kuier
Vandag was een van
daai spesiale dae wat mens diep bêre om anderdag weer oor te droom.
Vanoggend verras ‘n
oulike dogter haar ma met ‘n verrassingstee vir haar verjaardag. Ek is
bevoorreg om genooi te wees en geniet die groot bederf. Heerlik om “ou” bekendes
weer te sien en in te haal met die nuus. Heerlik om vars nuwes te ontmoet.
Maar nog is het
einde niet! Ek besluit dis my dag van kuier saam met vriendinne. Dis ‘n dag vir
koek en kuier en kekkel.
Kosbaar om verder
saam te kuier met ‘n vorige buurvrou en nog vriendinne – sommige van naby, een
van baie ver wat spesiaal kom kuier om net weer te kom uitvind hoe lief ons
haar het!
Vanaand klim ek in
die bed met ‘n warmte om my hart. Hoe bevoorreg is ek om soveel spesiale mense
te kan ken en soveel liefde te ervaar. Opnuut bewus van die dapperheid en
terselfdertyd broosheid van ons spesie.
My keel is droog
van al die gesels! Mmmmmm, ook dié dat dit tyd is vir instap by die kasteel met
‘n man wat my met ope arms (en ‘n glasie rooiwyn) inwag! Wat ‘n feestelike dag!
Tyd dat ek by die kombuis uitkom om ‘n feesmaal te gaan berei!
No comments:
Post a Comment