Nog ‘n vrolike viering!
Daar is altyd nog
iets wat gevier kan word! Hierdie keer is dit die vierduisend-merk wat my blog viewers gehaal het. Nou moet ek
aan jou dankie sê dat ons dit toe heerlik kon gaan vier! Ek kan (gelukkig!) nie
sien wie my blog lees nie, maar kan die statistiek sien van hoeveel daagliks
gelees word.
Hier om die draai
van ons, in Breёstraat, is ‘n hele klomp eetplekke so op ‘n streep. Alkant van
die straat. Mens kan elke dag van die maand ‘n ander een besoek. Dis nou as jy die finansies daarvoor het. Altyd vir my snaaks hoeveel mense vra of ons elke
dag uiteet terwyl ons in die stad woon. Nee, ons doen nie, ons kan nie en ons
wil ook nie.
Daar is so iets
soos winter specials waarop ons sterk
steun! Dis nou vir die van ons wat onsself inperk met uiteet en genadiglik hou
van kosmaak! As mens nie hou van kosmaak nie, gaan die versoekings
net eens te erg wees! Elke maand is daar ‘n nuwe eetplek wat oopmaak. (En
dalk net soveel wat deure moet toemaak?)
BURGER & LOBSTER het die keer aan die beurt gekom!
Aan die einde van elke
week is daar op die internet ‘n verskeidenheid spesiale aanbiedinge vir uiteet.
En dan is daar ook die happy hour
wanneer kos goedkoper is. Dit werk goed vir ons. Dis nou vir as daar ‘n viering
is wat gevier moet word. Wat daar altyd is. Ons doen ons
bes om daai viering nie meer as een maal per week te doen nie. Dis luuks!
En ons besef dit en waardeer dit! En weet een van die dae, as ons wegtrek uit
ons kasteel, is dit verby!
No comments:
Post a Comment