Groot bederf
Ons stap teen die
bult op, anderkant af. Op soek na ‘n baie spesiale plekkie om sommer net tyd
saam te geniet. Ek onthou dat ‘n kelner my eendag met die verbystap ingenooi
het met ‘n “we have a fireplace inside”
en ons besluit om te gaan kyk hoe dit lyk.
Heerlik knus kuier
ons toe die res van die oggend by The
Charles Café voor die kaggel. Beste beskryf deur hul eie webtuiste: Headed
up by Justine Burger, The Charles Cafe is fast becoming one of De Waterkant’s
most loved institutions. This could be credited to the Waiter’s friendly
welcomes, the Barista’s delicious coffees, or the chef’s culinary delights or a
combination of the lot that make the whole experience just perfect.
Die dag met ons
kuier daar, is toe ook die eerste dag dat hulle high tea daar bedien. Volgens die eienaar wou sit dit lankal doen.
Ek en manlief was ingestel op ontbyt, maar toe ons die versoeking voor ons op papier
sien – met ‘n baie bekostigbare prys – besluit ons summier ons is hul eerste kandidate
vir die groot bederf.
En baie groot het
hul oё gerek toe hulle sien hoe goed ons weggelê het aan daai drievlak
versoekings!
Sal beslis moet
terug daarheen. Ek moet nog gaan uitvind waar die plek aan sy naam kom. En
bo-op die gebou is ‘n oop kuierplek waar mens glo Maandagaande heerlike Kaapse kerrie-disse
kan geniet, en Dinsdagaande …..
No comments:
Post a Comment