In belang van my land
Soos dit ‘n goeie
landsburger betaam, doen ek vandag wat van my verwag word.
Ek bly tuis en
maak die kasteel van hoek tot kant skoon. Nou ja, nie heeltemal so goed soos
wat Maria M se dogter sou doen nie, maar goed genoeg volgens my standaarde. En
dis alles te danke aan my President.
Vandag loop mens
nie sommer vir die lekker rond in die stad nie. Glad nie berg se rigting van
hier af nie. En as jy nie met jou voertuig hier hoef te wees nie, uitstekend! Hier
is genoeg goed met wiele en sirenes en alarms en dinge. En dit sal sekerlik
meer word soos die dag vorder.
Soos ons almal
gewaarsku is, is hier gewapendes ontplooi. En in daai plooi wil ek nie
vasgevang word nie, dankie!
Manlief praat van
namiddag gaan stap. See se kant toe sal seker nie sleg wees nie.
Al die informele
besigheidsmense is vandag met vakansie. Geen stalletjies langs die strate hier
rond nie. Ai, foeitog, ek wonder hoe hulle nou hul dag se loon gaan verdien?
Hier is dit elk
geval nou vars en vrolik om my heen. En alles te danke aan my President.
No comments:
Post a Comment