Die gawe van gesondheid
Die afgelope
naweek verlustig ek en manlief ons in ander mense se sportiwiteit. Ons is
toeskouers by die Driekamp Wêreldkampioenskappe wat in en om die V&A
Waterfront in Kaapstad aangebied word.
Wat ons glad nie
kan verstaan nie, is dat dit nêrens (sover ons kan sien) geadverteer word nie
en dat daar feitlik geen mediadekking is nie. En dit terwyl ons twee top atlete
van Olimpiese formaat het wat deelneem. Richard Murray (nogal van Durbanville)
en Henri Schoeman wat die medalje van hom beroof het tydens die Olimpiese
Spele.
En met ‘n fikse
meisie (vir wie ons in ons familie kon verwelkom) wat ook deelneem, is dit vir
ons heerlik om die klomp entoesiastiese deelnemers te gaan aanmoedig.
So loop en wonder
ek hardop of ons ooit ons gesondheid genoeg waardeer. Dis een van daai dinge
wat mens as geskenk kry en wat jy sommer as gegewe aanvaar. Soort van dink dat
dit mos nou jou reg is.
Later die dag sien
ek gestremdes wat deelneem. Mense met baie deursettingsvermoë.
En ek is skielik intens
bewus van my beweeglikheid. My gesondheid. ‘n Voorreg.
No comments:
Post a Comment