Stil stemming
Gister nog het ons
‘n wye draai deur die Karoo gestap en is van nuuts af bekoor.
Die stilte. Die
eenvoud.
En die skynbare
niksheid. Tot jy jou afbuig en stilstaan. En stilword. Dis mos hoekom die Karoo
daar is. Soos vriendin tereg opmerk: hier moet mens buig – op jou knieë gaan –
om te sien en nie sommer net te kyk.
Wat ‘n voorreg om
die sterre weer so naby te kan sien skitter dat mens dit soos ‘n bos blomme kan
pluk en teen jou hart kan druk.
En bowenal die
grootheid van God opnuut te kan ervaar.
No comments:
Post a Comment