Thursday 12 October 2017

Vreugdefees

Na ‘n week se feesvieringe, is die kasteel vanoggend ekstra stil. En eensaam. Ek mis my mense hier om my.

Intussen het ek ‘n dogter ryker geword. Kosbaar. So mooi om die liefde te sien. Daar is min dinge wat by ‘n bruid se skitterende oё kom as sy in die paadjie afstap - haar bruidegom tegemoet. Geen diamant kan helderder skitter nie!

Die beplanning, opwinding, viering is verby. Nou sien ons uit na die foto’s en die heerlike herinneringe wat ons met mekaar kan deel.


So word ‘n opwindende nuwe hoofstuk begin.

No comments: