Wednesday 4 October 2017

Om fees te vier

Soveel redes om fees te vier. Al skep mens jou eie fees. Sommer net om die lewe te geniet. Om vir vriende te wys jy gee om; hulle maak saak.

Anderaand doen ons moeite om by mekaar se dagboeke aan te pas - ‘n komende verjaardag moet gevier word.  Die seuns en hul liefies kom doen mee – elk met ‘n geskenkie in die hand. Dis die verjaardag van ‘n eenkantvrou. ‘n Alleenvrou wat niks verwag van ander mense nie. En wat toentertyd anders gewoond was. Dit was vir ons almal om die tafel ‘n meer spesiale ete as baie ander wat ons al geniet het. Eenvoudig, maar opreg uit die hart uit. So gedoen en so aanvaar en waardeer.

Hier in die kasteel is vandag skoongemaak dat die skuimbolle by die vensters uitgewalm het. Heerlik om ‘n slag stof uit te wiks. Spring cleaning op sy beste! Maar dankie, dit was nou eers genoeg daarvan vir ‘n wyle.


Maar eers is dit tyd vir ‘n fees van ‘n ander kaliber vir die kasteelbewoners. Die komende week gaan ons saam met ons kosbares kuier. Bruilofsfees vier. En die lewe vier. Sommer net in mekaar se oŃ‘ kyk en dankbaar wees vir soveel onvoorwaardelike liefde. Met diepe dankbaarheid vir grenslose genade.

No comments: