Wednesday 18 October 2017

Oomblikke

Wanneer mens inpak, is daar oomblikke. Iets wat uit die laai uit kom wat jou aan iemand herinner. ‘n Kaartjie in jou kind se handskrif. ‘n Boodskappie van ‘n geliefde. ‘n Strikkie wat om ‘n pakkie gebind was.

En ‘n gedagte wat in ‘n boek neergeskryf is.

So kom ek af op die inskrywing van 1 Julie 2013 uit Lukas 10:37(b):

“Word ‘n medemens vir elkeen met wie jy elke dag te doen het maak nie saak wie of wat hulle is nie”, het Jesus geantwoord.

Met JA Doolder se aanhaling daarby: De omgewing van de mens is de medemens.

En ek wonder hoekom dit op daardie dag vir my belangrik was om dit neer te skryf.

En ek weet ek het die afgelope twee jaar intens bewus geraak van my medemens. Op verskillende maniere. Wie my medemens was. En wie se medemens ek was. Dis dieselfde persoon. Maar ook tog nie.

No comments: