Thursday 26 October 2017

Kosbare skat
                   
Beslis een van die kosbaarste dae van my lewe. Dis wat ek gister beleef het.

Manlief was heerlik verras oor die afskeidspartytjie wat sy personeel vir hom gereёl het. Hy is nie ‘n man wat daarvan hou dat ‘n bohaai oor hom gemaak word nie. Hy het so ‘n effe vermoede gehad dat daar iets aan die gang is toe hy ingelig word dat hul vergadering geskuif is na ‘n ander lokaal, maar die omvang van die verrassing het hom uitgeboul!
Bevoorregte wat ek is, is ek stilletjies na die geleentheid genooi en met goeie organisasie het ek saam met ‘n kollega betyds opgedaag. Wat ‘n voorreg!

So jammer my kinders was nie daar nie. Dit sou goed wees as hulle gehoor het hoe ‘n wonderlike pa hulle het! Natuurlik weet en beleef hulle dit, maar dis goed om dit uit (vele) ander se monde te hoor. Ek sal probeer om hulle daarvan te vertel, want uit hul pa se mond sal hulle dit nie hoor nie!

En nou is ons aan die oppak. Genadiglik is dit ‘n maklike een hierdie. En tog is ek verstom oor die hoeveelheid aardse goed wat ons het.


Môreoggend vat ons die pad. Kuier-kuier. Niks wat ons jaag nie! Ek en my skat. Kosbaar.

No comments: