Wat ek sou wou doen
Om saam met
vriendinne om ‘n tafel te kuier, is baie spesiaal. Ek dink ek het dit te min
gedoen in die verlede. Beslis te min in die afgelope twee jaar. Dalk moet ek
dit meer dikwels doen in die jaar wat kom.
Mmmm, maar dan
moet ek eers ‘n sleutel kry wat ‘n huisie se voordeur kan oopsluit. En ‘n stoof
om ‘n koek in te bak. Ek het darem een koekpan. Nie meer ‘n menger nie, maar
daarvoor is manlief mos naby met stewige spiere in sy bo-arms en altyd ‘n
entoesiastiese bereidwilligheid.
Met manlief se
aftrede het ek vir hom ‘n geskenk gegee. Die nuutste Kook en Geniet. Hy wil
meer dikwels kosmaak. Ons albei sien uit na die eksperimente en die disse wat
opgetower gaan word. Sus en skoonseun is al verras met ‘n heerlike moussaka. En
vandag vir middagete het ek ‘n heerlike geposjeerde eier bo-op die slaai gekry.
Pure Dijon-styl!
Dalk leen hy my sy
resepteboek om ‘n koek te bak.
Maar eers moet ek
die huis kry.
No comments:
Post a Comment