Die lig in die tonnel
Sal daar altyd ‘n
lig aan die einde van die tonnel wees? ‘n Stukkie hoop?
Skoonseun gaan wys
vir ons die tonnel waardeur die trein ry. Dis in die Shongweni area by die
lieflike waterval by Dellville Wood. Maar voor ons by die mooie waterval kan
kom, moet ons deur die tonnel. ‘n Mensgemaakte tonnel. Vir voertuie. Baie oud.
Piknagdonker. Ek wil uit die motor klim om ‘n foto te neem, maar dis erg
grillerig. Ek kan nie my hand voor my sien nie!
Uiteindelik
is ons deur die tonnel. En daar is die lieflike waterval! Met water wat
neerstort! Die trein ry by ons verby – ons is opgewonde dat daar nog treine
is wat vir mens “toet-toet” in die verbygaan! Ons waai vir die "oom in die lokomotief" soos lank, lank gelede.
Vroegmiddag staan
ons by jongmense se huis – vriende van ons kinders. Inbraak. Ontsteltenis. En ek wonder oor daai lig voor in die tonnel.
No comments:
Post a Comment