Bedreigde spesie?
Na aanleiding van
die kunswerk van Clarke & Duffield se kunswerk in 1989, is dit ‘n bedreigde
spesie om so onder die sonsambreel te sit. Sal dit die “sit in die son” wees,
die persoon self of waarom sal die naam van die werk “Endangered species” wees?
Dis voorwaar ‘n
voorreg om agteroor te sit en niksdoen. Vra my. Ek weet van daai voorreg.
Maar dalk is die
betekenis totaal iets anders. Die kunstenaar(s) het waarskynlik ‘n agenda van
heeltemal ‘n ander aard gehad. Dis mos wat sommige kunstenaars doen. Hul kuns
is vir hulle ‘n platform om hul sê te sê. Sommige meen selfs as jy net “mooi”
prentjies wil maak met die talent wat jy ontvang het, kan jy maar liewer laat
staan. Die ekstremiste glo mens moet bietjie omdolwe en skok met wat jy as kuns
ten toon stel.
Genadiglik mag ons
almal verskillende menings hê! Ek dink nie ek sal ooit enige van daai absurde
kunswerke – daai soort wat jou in jou spore laat vassteek om terug te draai en
weer te gaan kyk of dit regtig is wat jy gesien het / besluit jy loop liewer
verder aan en maak asof jy glad nie gesien het nie - teen my huis se mure hang
nie. En tog is dit dikwels die werke wat fenomenale pryse op veilings behaal en
kunskenners na gallerye laat stroom.
En wat ook al die
bedoeling was met “Endangered Species” destyds op ‘n uitstalling in
Stellenbosch, bly die uitbeelding vir my kostelik en dierbaar. Kan myself
absoluut daarmee vereenselwig.
Lekker sit onder
die sonsambreel!
No comments:
Post a Comment