Friday 21 April 2017

Met die nodige waardigheid van ‘n ware dame

Om die waarheid te sê is ek nou nie van daai geslag wat so behep is met die koninklikes van die Britse Ryk nie. Maar tog hou hulle ‘n bekoring in en lees ek die lief en leed van die spulletjie wat sekerlik nie altyd so ‘n glansryke lewe lei soos wat dit vir ons dié kan van die heining lyk nie. Moet darem nie maklik wees om altyd dopgehou te word nie!

Maar as ‘n grote skip na jou vernoem word, is jy darem ook nou nie sommerso enigeen nie! En toe ons eergister om die draai kom om onse stad binne te ry, snak Liefie na sy asem: “Kyk die groot skip!” Dit lyk soos 'n gebou. Ongelukkig kon ons nie nader kom nie - al het ons die agterpaadjies aangepak.

Gister het die luukse Queen Elizabeth uit die Kaapse hawe vertrek. Ek moes laatmiddag my treë rek  om by te bly, want kyk moes ons gaan kyk. En ja, wat ‘n groot skip! Die skip kan 2 092 passasiers vervoer. En met al die winkels en vermaak, is dit voorwaar soos ‘n klein dorpie.

Bietjie info oor die saak:
Cape Town – The luxurious Queen Elizabeth … is set to travel to 25 countries and will offer guests a chance to experience “a world class voyage”. The ship will be making stops in Hamburg, New York, San Francisco, Sydney and Hong Kong. But of course a night on this illustrious ship comes with a hefty price tag. Accommodation in the Britannia Stateroom will cost you R26 367.78.

So staan ons toe bo-op die hawemuur se muur om foto’s te neem van hoe die tannie uit die hawe seil. En ja, dan weet mens hoekom hulle van ‘n skip as vroulik praat! Dis ‘n statige besigheid!

Aan die geselskap om ons kan ons aflei dat baie van die toeskouers familie of vriende op die skip het vir wie hulle kom afsien het. Gmpf! Nogal! En hier kan hulle ‘n foto van die skip neem met die wegseil uit die hawe. En voor die skip by Robbeneiland verbygaan, stuur die agtergeblewenes ‘n foto aan die vertrekkendes van hul “Koebaai, Kaapstad!”.



Met so ‘n fantastiese sonsondergang en lieflike aand, het die son se laaste strale die skip in goud gebaai! 

No comments: