Die
droom en die realiteite
“Every SAfrican has the right to decide to go out onto
the streets today, they also have the right not to. Let's respect each other,
please!” Dit
is die wyse raad van Catherine Constantinides, die pragtige jong vrou wat deur
die Huffington Post voorgestel word as an international climate activist and humanitarian. Dié
indrukwekkende jong dame was vanoggend die gas op Die Groot Ontbyt. En nee, sy
is beslis nie net ‘n mooi gesiggie nie. Sy is passievol oor haar rol wat sy te
speel het in die politiek, ekologie, menseverhoudings en vele meer en het ‘n
vyfjaarplan wat ek graag sal dophou.
Elkeen van ons
het ‘n droom van waar en hoe ons wil woon. Nie eendag nie. Nou.
Vir sommige het die droom waarheid geword, vir ander is
dit nie meer eens ‘n sprankie hoop nie.
In ons huis luister ons nie aldag na nuusuitsendings
nie en kyk ook nie slaafs nuusbulletins op tv nie. Dis net eenvoudig te
negatief en eensydig. Ja, ons lees koerant, maar selektief. Dis seker deels
hoekom die papierkoerant vir my ‘n lekker opsie is – ek kan omblaai! Of ek kan
die groenteskille daarin toedraai!
Laataand se Verslag is vir my interessant en soggens se
Groot Ontbyt vind ek dikwels amusant (wat ‘n goeie manier is om my oggendkoffie
hier in my enigheid te geniet) met verskeidenheid
gaste wat saamkuier – en daar is so baie advertensies tussendeur, dat mens
selfs kans kry om die nodige draaitjies tussendeur te loop!!
Maar terug tot vandag. Die stap. Neem jy deel of nie?
Hier onder in die straat loop skares verby. En die sirenes begin loei. Nou-nou
gaan hier sekerlik ‘n helikopter of twee oor om alles dop te hou.
Uiteindelik gaan dit oor respek vir mekaar. Ook – en heel
waarskynlik veral – vir dié met wie jy nie saamstem nie. Dis waar die ware
toets inkom.
Stephan Joubert skryf onlangs oor Johannes en Jakobus,
die dissipels wat bekend gestaan het as “seuns van die donder”, wat voor die
paasfees van ouds vuur uit die hemel wou afbid om die mense met wie hulle nie
saamgestem het nie, behoorlik uit te sorteer. Maar dit was nie hoe Jesus, vir
wie hulle gevolg het, te werk gegaan het nie. Stephan noem Jesus “die hemelse
brandlusser”! En hy sluit die stuk af met: “sodat ons ook nie meer vuur-gebede …oor
ander afbid nie”.
Mag dit so wees.
1 comment:
En toe was dit rustig t.s.v. derduisende voete.
Post a Comment