Onbenulligheidjies
So met die uitpak
is ek (weereens) verstom en verslae oor die goetertjies wat ek so met die jare
bymekaarmaak en saampiekel.
Ai tog, mens leer
ook nie maklik nie! Dis goetertjies wat nie gebruik word nie, wat nie nodig is
nie, wat nie eens mooi is nie. Maar dis gekoop en iewers in ‘n laai of kas
gestoor.
En sowaar weer ingepak!
Maar ek leer so
met die tyd! Stadig maar seker!!!
Daar is altyd
mense wat sulke goetertjies koop en weer verkoop. Verstommend, maar voorwaar
waar! Ek gee sommer die spul weg sodat dit op ‘n marktafel uitgestal kan word.
Dalk is daar iemand wat dit nodig het. Want weggooi kan ek ook nie sommer net
weggooi nie!
No comments:
Post a Comment