Gister se
koerantberig lui: Eskom gaan dit net-net maak.
Dit klink nou vir
my na uitstekende nuus!!!
Laat my dink aan
toe ons kinders was. Een van die slimmighede waarmee ons mekaar vermaak het om
te kies, was: “Amper mis of amper raak?”
Wel, Eskom, julle
is amper mis. Maar julle gaan blykbaar raak wees! Net-net maak!
Die een groot
voordeel wat Eskom en die Kaapse waterkrisis in gemeen het, is dat alle
inwoners van die streek dieselfde probleme in die oë moet kyk. Of jy nou met
stiletto’s rondtrippel en of jy twee ompaar skoene aanhet – as Eskom die krag
afskakel, het niemand lig nie. En as die kraan leeg is, is dit vir almal leeg.
Dis nogal
interessant om te sien hoe ontsteld mense raak oor iets wat moontlik kan
gebeur. Of nie.
No comments:
Post a Comment