Wat is werklik nodig?
Slim
om vir ander te herinner aan William Morris (1834 – 1896) se wyse woorde: Have nothing in your houses that you do not know to be useful,
or believe to
be beautiful.
As mens
alleen die besluite moet neem, is dit sekerlik haalbaar. Maar wat gedoen as
iets vir die een huisbewoner wonderskoon mooi en sentimenteel is en die ander
het daar geen erg aan nie? Dan is dit tyd vir ‘n ooreenkoms. ‘n Kompromis.
Kommunikasie.
So leer ons
(weereens) dat ons eintlik so min nodig het. Min wat noodsaaklik is.
Met die
gewoel en –werskaf op ons werfie, moet ons mooi beplan. Wie het laas die
meetband gehad? En wat daarmee gedoen? Waar word die koffiebekers neergesit? Want
alles is onder swart plastiek.
Alles is
deeglik toegemaak onder plastiek. Drop
sheets. En ai, hoe wonderlik help daai plastiekvelle om van die stof uit te
hou. Maar o wee, sodra daai masjien aangeskakel word om deur die muur te sny,
syfer daai fyn stoffies maar net weer oral deur. En as die droë windjie hier
deurwaai en iewers ‘n puntjie plastiek vang wat nie stewig vasgeplak is nie,
lyk dit soos ‘n wafferse rippeleffek brander!
Ons voel
soos kampeerders! Sit op ons kampstoele oor die vlaktes met ‘n drinkdingetjie
in die hand. Vuurtjie wat knetter vir aandkos. ‘n Bord, ‘n beker, ‘n lepel, ‘n
bakkie vir die pap, ‘n mes en ‘n vurk. En natuurlik ‘n glas. Wat meer het mens
nodig?
…. sê sy
wat saam met manlief haar kombuiskassies beplan!
No comments:
Post a Comment