Hoe klop jou hart?
Gedurende ons tog
deur die land, kom ons op ‘n droë, warm dag op Oudtshoorn af op ‘n lieflike
kuierplek. Ons geniet ‘n allerheerlikste koppie koffie – dit word op die werf
gerooster – en ‘n yslike stuk koek – dit word op die werf gebak. Lekker, man,
lekker! Dit was aan die begin van die vakansie toe ons nog nie moeilikheid
gehad het om die lyfband in die “nuwe gaatjie langs die uitgerekte gaatjie” in
te haak nie.
So met my besoek
aan die klein vertrekkie (voor ons vertrek), sien ek die lieflike beeld van die
hart wat tussen die hande vasgehou word. Ek neem dadelik ‘n foto vir my vrolike
vriendin wie se kind ‘n hartoorplanting gehad het. Ek weet sommer ek moet dit
met haar deel. Dit sal vir haar spesiaal wees.
En ek wonder: hoe
klop my hart? En dit laat my dink: hoe klop jou hart?
No comments:
Post a Comment