Dis soos ek wil
“Afhanklik en
propvol verwondering”.
Dis wat Stephan
Joubert voorstel hoe ons moet leef. En ja, dit is wat ek ook kies.
Vergeet van vashou
aan die wêreldse goedjies wat vandag hier is en môre in ‘n stoffie verander.
Kyk weer met nuwe
oё en met ‘n nuwe ingesteldheid na alles hier om jou. Raak “verwonderd” oor die
skynbaar alledaagse. Sien weer die maan en die sterretjies raak. Beskou weer ‘n
blomblaartjie. Raak in verwondering oor die omgee van mense.
Raak verwonderd oor dié Een van wie jy só afhanklik is.
'n Daaglikse oefening.
No comments:
Post a Comment