Ek wonder…
Ons voertuig is
asvaal. Vuil. Stowwerig. En die man wat die diesel ingetap het, het ‘n blerts
teen die kant af gemors en dit nie dadelik afgevee nie. Smerig.
Ek kyk om my rond
in die dorp.
Hmmmm, hier is
menige sulkes. En dis nie omdat ons plaaspad ry of op ‘n 4x4 vakansie was nie!
Dis droogte se dinge.
En ek wonder
hoekom daar so ‘n paar blinkskoon motors ook in die rondte is. Was hulle dalk
hul voertuie? Met ‘n tuinslang wat heerlik helderskoon water uitspuit? Of het
hulle maar net elkeen ‘n motorhuis waarin voertuig netjies gebêre word?
Die bou- en
brekery hier op ons werf help ook nie eintlik om dit stofvry en skoon te hou
nie. En die gedienstige voertuig het die afgelope weke hard gewerk om alles en
nog wat op te laai en aan te ry.
Ai, my ou getroue
donkietjie, as ek darem vir jou kan skoon was met ‘n lekker straal water.
(Wonder wie sal dit die meeste geniet?!)
No comments:
Post a Comment