Die dag
16 Desember: Versoeningsdag
Vandag se dag laat
gemengde gevoelens in my gemoed.
Hoe en waar dit
oorspronklik ontstaan het, is een saak.
Hoe besluit is om ‘n belofte te maak wat ‘n nasie verbind, is nog ‘n saak.
Wat intussen hier in onse mooie land gebeur het, is ‘n belangrike saak.
Wat op die oomblik in onse mooie land plaasvind, is die saak wat dalk saak maak.
Hoe besluit is om ‘n belofte te maak wat ‘n nasie verbind, is nog ‘n saak.
Wat intussen hier in onse mooie land gebeur het, is ‘n belangrike saak.
Wat op die oomblik in onse mooie land plaasvind, is die saak wat dalk saak maak.
Of is dit?
Kyk bietjie wat is
mieliestronk.com (wat hulself “die ensiklopediese webwerf” noem) se verklaring
oor die naam van vandag se dag.
16 DESEMBER is tradisioneel
deur Afrikaners eers as Dingaansdag en later as Geloftedag gedenk, in navolging
van die gelofte wat ’n groep Voortrekkers aan God afgelê het voordat hulle op
daardie dag in 1838 ’n Zoeloemag in die Slag by Bloedrivier in die teenswoordige
KwaZulu-Natal verslaan het. Hulle sou naamlik, as hulle die oorwinning sou
behaal, daardie dag in ere hou soos ’n Sondag en dit aan hul nasate opdra om
dieselfde te doen. Geloftedag as vakansiedag was dus ononderhandelbaar vir baie
Afrikaners.
ANC-aktiviste het egter op hul beurt 16 Desember onthou as die
dag in 1961 toe die ANC sy soldate begin bewapen het om apartheid omver te
werp.
In die nuwe Suid-Afrika is hierdie dag toe hernoem tot
Versoeningsdag—’n dag waarop die klem daarop moet val om die konflikte van die
verlede te bowe te kom en ’n nuwe nasie te bou.
No comments:
Post a Comment