Terwyl jy kan
Klim daai rant uit.
Al tap die sweet jou effens af
Want jou knieё kan dit nog doen.
Want jou knieё kan dit nog doen.
Eet daai lekker
stuk koek en geniet elke happie
Want jy doen dit nie elke dag nie en vandag mag jy maar.
Want jy doen dit nie elke dag nie en vandag mag jy maar.
Kyk op in die lug
en tel die skittersterretjies
Want vandag het jy die voorreg om ver weg van die stadsgewoel te wees.
Want vandag het jy die voorreg om ver weg van die stadsgewoel te wees.
Klim in jou motor
en ry die langpad
Want vandag het jy die voorreg om ‘n voertuig te kan besit en bestuur.
Want vandag het jy die voorreg om ‘n voertuig te kan besit en bestuur.
Gesels met jou
maat langs jou
Want wie weet wat bring die dag van môre?
Want wie weet wat bring die dag van môre?
Klink ‘n glasie
saam met vriende en skaterlag oor die vreugdes
Want dis ‘n groot voorreg.
Want dis ‘n groot voorreg.
Beskou daai fyne takkie
met die brose blommetjie teen die ruwe klip
Want vandag kan jy dit nog raaksien. Tel jou seёninge
Want vandag kan jy dit nog raaksien. Tel jou seёninge
Want jy kan dit nooit genoeg doen nie.
No comments:
Post a Comment