Jou smaak of myne
Wat jy sien, moet
jou nie sommer dadelik tot ‘n besluit of ‘n mening dwing nie!
Ons bespreek
aandete by ‘n lieflike klein eetplekkie in die platteland. Straat-op en
straat-af ry ons op soek na die adres. Nie dat ons ver hoef te soek of eintlik
kan verdwaal nie, want dorpie is piepklein en ieder en elke inwoner sal
sekerlik kan help om te beduie.
Met die
oor-die-straat-stap sien ek die plastiek blomme. Kitsch. En ek wonder. Ons stap
nader. Nog meer. Kitsch. En ek wonder nog meer.
Tot ek instap en
sien. En ruik. Hier word kos gemaak uit die hart uit. Met respek omgegaan met
proviand. Niks wat nie eg en opreg is nie.
Moenie sommer
besluit voor jy nie die binnekant gesien en beleef het nie. Nie met plekke nie.
Ook nie met mense nie.
No comments:
Post a Comment