Stilte
Dis die Karoo.
By een van ons
staninge vra ons gasheer vir sy aanvallige jong vroutjie wat vir haar die
meeste spesiaal is van in die Karoo woon in vergelyking met hul vorige
leefstyl. Sy sê: die stilte.
Na ons verblyf in
die stadskom, het ek nogal gewonder oor wat dié “oorverdowende” stilte met my
gaan maak. Of dan liewer: wat ek daarmee gaan maak.
Maar wat ‘n
vreugde! Rustigheid, kalmte, skoonheid, vrede!
Dis meditasie op
sigself.
Nie die stilte wat
veroorsaak word as vroutjie haar gatjie wip vir haar maat se aweregse
aanmerkiing of mannetjie wat sy stert in ‘n krul sit as hy nie sy sin kry nie!
Dit noem mens stilstuipe. En daar is geen, maar geen rustigheid, kalmte, vrede,
vreugde of skoonheid by betrokke nie!
Nee, die Karoo se
stilte is ‘n statige stilte. Mens werk daarmee met groot respek.
No comments:
Post a Comment