As Kapenaars kuier in die Karoo
Om met ‘n “Dubbelbrak”
verwelkom te word in die Karoo, is heerlik verfrissend na ‘n lang dag op die
pad. Net so verfrissend is die mense van die Karoo. Hartlik. Heerlik.
Maar die droogte
knyp oral. Verrassend vir ons, word ons genooi om te bad. Oral is voldoende
ondergrondse water. Genoeg vir mens en dier. Maar die veld kry swaar en dus is
daar nie genoeg kos in die veld nie. Dus, as dit nie reёn nie, gaan daar in
sommige gevalle nie Kersfees gehou word weg van die plaas af nie. Die diere se
kos moet aangery word. (Genadiglik het dit toe paar dae later gereёn, so die
koekblikke word volgemaak om saam te neem!)
Afgesonderd en ver
weg van die dinge wat stedelinge sommerso vanselfsprekend aanvaar. Maar kan
hulle planne maak! En goed beplan! En gasvryheid is vir hulle iets waaroor nie
gedink word nie. Hulle doen dit sommer net so gemaklik!
Met ons wegry van
die Karooplaas af, bewonder ek weer ‘n keer die plaasvrouens wat hul mans
bystaan, ondersteun, help, bemoedig. Want maklik kan dit nooit wees nie. Deel
van jou herkoms, ja soms, maar sekerlik nie vir sissies nie. (Ek het weer besef ek
is ‘n sissie….)
No comments:
Post a Comment