Kies jou bakkie
Jy kan self kies.
Rond, vierkantig,
reghoekig. Watter vorm pas jou die beste? Waarmee voel jy gemaklik?
Ek sukkel met die
ronde vorm. Dit voel vir my of ek gaan omval. Soort van vasgevang soos wanneer
mens se voete vasgedraai word in ‘n lang net en mens nie jou voete kan beweeg
nie.
Nou het ons maar
vir ons ‘n langwerpige plastiekbak aangeskaf. In die winkel noem hulle dit ‘n
“visbak”. Maar dit laat my geensins soos ‘n viswyf voel nie. Ook vir seker nie
soos ‘n meermin nie! Dis maar net die gemaklikste bak waarin ek kan staan
wanneer ek stort. En vir ons voel dit of die meeste water in dié bak opgevang
word. Vir die gryswater. Vir hergebruik.
Ai, die planne wat
ons maak! En ons weer ‘n keer laat dink aan hoe om verantwoordelik om te gaan met
ons kosbare waterbronne. (Wat my laat wonder of die mense in die res van die land weet waarvan ons praat?!)
Kies vir jou ‘n
vorm wat jou die beste pas. Dit maak nogal die hele ervaring meer aangenaam.
No comments:
Post a Comment