Kombuiskuiers
Kaiingkoekies wat
my ouma in die houtstoof bak.
Popkastrolletjies
wat ons eenkant op die AGA kan sit – met wortelringetjies wat kan sagkook vir
later opskep. Susan, alias Hillie, se geduld met ons wat tussenbeide wil kom
speel as daar werk is wat gedoen moet word.

So kuier ons met
ons toertjie van huis tot huis en van kombuis tot kombuis. Elkeen spesiaal.
Elkeen uitgesoek met ‘n spesifieke rede. By elkeen met ope arms en warm harte
ontvang en bederf.
Met diepe
waardering. En die heerlike wete net weer: dit gaan uiteindelik oor die kuier
meer as oor die kos! Dis daai warm gevoel om die hart wat uiteindelik die warm
gevoel om die maag oorskadu….
No comments:
Post a Comment