Gedagtes oor Graaff-Reinet
Dié plek het ons
harte gesteel.

Die Drostdy Hotel
is pas teen ‘n astronomiese bedrag opgeknap. En dis lieflik! As dit nie was vir die nare maagvirus wat my
beetgekry het nie, het ons ons vakansie-spaargeldjies uitgeblaas op ‘n ete by
die hotel.
Die Jakarandabome
het ons bekoor. Koeltebome in die Karoo is oral welkom! En hier is mens net
soveel meer bewus van ‘n kolletjie skadu in die somerson.
In die dorp is ‘n
area geoormerk as die Culinary Route.
Voorwaar ‘n heerlike straat om in te kuier! Soveel kreatiwiteit! Nuwe idees!
Heerlik om te sien hoe ieder en elk nuut dink en vars plaaslike produkte voorsit
om die toeriste in te lok en te verlei.
Aan gastehuise is
daar geen gebrek nie! Iets vir elkeen.

Die rustigheid wat
mens kry van ‘n Karoordorp, maar tog die gevoel dat alles nie tot stilstand
gekom het nie. Vredig, maar vars! Dis in my gedagte as ek aan Graaff-Reinet
dink.
Eendag gaan ons
terug vir daai ete in die Drostdy Hotel…..
No comments:
Post a Comment