Pamperlang
Om letterlik en
figuurlik van die “ou velle” ontslae te raak, bespreek ek vir myself ‘n sessie
vir ‘n body scrub by ‘n spa op in die
straat van ons kasteel af. Ek mik lankal om myself in die rigting te bederf,
maar dan ontbreek die moed my weer. Toe neem ek vir manlief een Saterdagoggend
en ons twee gaan saam vir ‘n skouer-,
nek- en rugmassering daarheen – sommer net om te kyk of die plek darem veilig
is. En ai, was dit nou groot bederf!
Vir sommige van my
vriendinne en liefies is dit nie lekker om te gaan vir ‘n “te-naby-my” ervaring
nie. Ekself geniet die gepamperlang. Rugkrap en voetevryf is vir my groot
bederf! En hoe harder hulle skrop en skuur, hoe lekkerder.

Groot bederf!
No comments:
Post a Comment