Kaapse kuiers
Wat ‘n fees om
saam met mens se kinders Kaapstad te kan platloop! Met kronkelpaadjies die stad
verken, instap by winkeltjies, verras word deur menige nuwe entrepreneurs se
dinge.

Ons vat die bus
Kampsbaai toe. Dis ‘n wonderskone mooie aand en die sonsondergang betower soos
gewoonlik. Die laaste sonbaaiers pak traag hul grafies en emmertjies op. Die
honde geniet die stappie langs die strand voor hulle weer tevrede moet wees om
agter slot en grendel te wag tot baas na nog ‘n dag se werk tuiskom.
Met groot
ontsteltenis verneem ons die volgende dag van die brand teen Kampsbaai se berghange.
Ai, die winter was skaars hier en brandgevare dreig reeds weer oraloor in die fynbos
met die somerseisoen met ons.
No comments:
Post a Comment