Die tyd stap aan
Dis mos daai tyd van die jaar wat mens somer- en wintersklere omruil. In die Kaap is dit nie so ‘n eenvoudige sakie nie. Vandag is dit beslis hoogsomer hier. (Met die hoop dat dit môre koue, nat weer gaan wees!) Indien vandag se temperatuur ‘n voorspelling is van wat hierdie somer vir ons wag, dink ek dis 'n slim plan om in Alaska te gaan vakansie hou.

‘n Pakkie wat moet saamgaan vir iemand se verjaardag. Nog ‘n sakkie met goetertjies in wat moet saam na ‘n jolige geleentheid. ‘n Verwarmer wat weggepak moet word, winterklere wat stoorplek toe moet gaan.
En dan is daar die naderende wegtrek uit onse kasteel uit. Dit op sigself veroorsaak interessante gesprekke rondom inpak, tydelik stoor en saamneem vir vakansie.
Praat van hopies maak! Met manlief wat nog so 10 werksdae oor het, is dit nou beslis nodig om te besef die tyd stap aan. Sommer op ‘n drafstap!
No comments:
Post a Comment