Perspektiewe

En tog bly dit ‘n
hartseer saak om afskeid te neem van iemand vir wie jy so innig lief was. Maar
tog is daar soveel troos in die kosbare herinneringe. En ek kan die kleindogter
troos met die wete dat sy haar ouma se sjarme en elegansie voortdra.
Ek sit in die
kerkbank skuins agter ‘n groep van haar vriendinne. Almal silwer. En dink aan
die wysheid wat tussen hulle opgesluit is.
Wysheid. Dis
eintlik al waarvoor ek bid. En vir seker nie die soort wat erepennings en
eredoktorsgrade bring nie. As ek wysheid het ……
Ek stuur met die
uitstap, na afloop van die teedrink, vir manlief ‘n boodskap: “Vanmiddag na
werk gaan vier ons die lewe.” Hy verstaan wat ek probeer sê. Hy is ‘n wyse man.
No comments:
Post a Comment