Dankbaarheid
Vrydag laatmiddag
trek ons warm baadjies en stapskoene aan, sit ons wolmussies op en vat die pad
Giovanni’s Deli toe in Groenpunt. So ‘n halfuur se stap van ons af.
Ons bederf onsself
met papierdun skyfies prosciutto, salami – noukeurig afgetel na elk se smaak – en
sagte bocconcini kaasballetjies. Die groot verskeidenheid slaaie en bykosse
word noukeurig bestudeer. Elkeen kies een dis en ‘n vars broodjie. Op pad terug
koop ons groen blare waarsonder ek nie kan bestaan nie en besluit om ons nie
verder te laat verlei nie.

Met dankbaarheid
was ons tafelgebed:
Dankie, Vader, dat
ons so lekker kon stap.
Dankie dat ons sulke lekker kos kon koop.
Dankie dat ons nou warm en veilig in ons kasteel kan wees.
Dankie dat ons dit met mekaar kan deel.
AMEN
Dankie dat ons sulke lekker kos kon koop.
Dankie dat ons nou warm en veilig in ons kasteel kan wees.
Dankie dat ons dit met mekaar kan deel.
AMEN
No comments:
Post a Comment