Koffie teen die koue
Dis ‘n ysige
windjie wat buite roer. Die weervoorspelling se maksimum 17⁰ gaan nie vandag
hier rondom onse kasteel gehaal word nie!
Donderdae is
biltongdag. So het sake verander – eers was dit altyd biltongdag wanneer dit
rugbytyd was. Nou is dit biltongdag op Donderdae wanneer die lieflike vars
produkte mark hier op in die wandellaan gehou word. En manlief meen ek moet my
lus hou tot Saterdag. Maar ai, dis moeilik as daai sakkie met die spoortjies op
so vir my loer…. So nou en dan maak ek net so ‘n proeseltjie om seker te wees.
Kwaliteitskontrole…

So terloops – ek het
al so baie gewonder oor die vreemde naam vir ‘n restaurant. Danny verduidelik The
Doppio Zero definition: Double Zero (00) is a grading of the finest milled
flour used to make pizza, pasta and confectionery. We use "Farina 00"
to make our famous gourmet pizzas.
(Doppio = dubbel en die 00 is die gradering van die meel. Dubbel fyn.)
Nou ja, ons sal
moet teruggaan. Om Doppio Zero op ‘n Dinsdag te help ondersteun met hul hoogs
suksesvolle sopkombuis. En op ‘n ander dag om te gaan proe hoe smaak hul pizzas
wat met die spesiale meel gemaak word. Hoe bevoorreg is ek!
No comments:
Post a Comment