Tyd om jou vere reg te skud
Uiteindelik is die
kalkoen se laaste boudbeen skoongesny. Van die laaste skyfie ham is ‘n
middagete-broodjie gemaak – met mosterd en ‘n pikante piekeltjie.
Nou kan ons fokus
op die jaareind.
Maar iewers, so
met die jaar se draai, is daar sekerlik ‘n partytjie te hou? Lekker opskop om
die lewe te vier?

En toe kry my
kinders die rok om mee konsert en tannie-tannie te speel. Maar ai, dis so ‘n
harde materiaal. Krapperig. Grof. Ek kan net dink hoe mens hier by die
onderarms voos geskuur moes wees teen die einde van die aand. Dis nou van al
die dans.
Nou ja, gaan skud
jou vere reg vir die opskop! Dis nou tyd vir joligheid en vrolikheid. Later
raak ons weer ernstig as die nuwe jaar ons vasvat met al die nuwe uitdagings.
No comments:
Post a Comment