Groen is die land van Natal

Dit reёn dae
aaneen. Tussendeur is dit grys. En die weerlig en donderweer laat nie op hul
wag nie.
Die klowe vang my
heeltyd onkant. As ek dink ek is dié kant van die kloof, is ons aan die ander
kant. En omdat dit bewolk is, is wes en oos ook glad nie waar ek dink dit moet
wees nie. My rigting is totaal van koers af.
Maar mooi is dit
vir seker! Die staproetes in die klowe en reservate is baie en hou ons aan die gang.
Watervalle en stroompies oraloor.
Anton de Waal se
liedjie oor Natal kom in my gedagtes op. En ja, ek verstaan nou vir die eerste
keer hoe dit is dat die land van Natal so immergroen is!
GROEN
IS DIE LAND VAN NATAL
Groen
is die land van Natal;
wyd
lę die velde omheen.
Wolke
seil hoog in die blou hemelboog
en
'n arend vlieg na die son...
No comments:
Post a Comment