Waar pas jy in?
Pas jy hoegenaamd
in?
Móét mens inpas?
Van die bevrydende
dinge van in die stad woon – vir my – is om net myself te kan wees. Ja, ja, ek
weet dis wat ek altyd moes doen, maar dis nie soos dit was nie. En ook soms nie
is nie. Tog te maklik probeer ek “inpas”. By ander se reëls en grille en giere?
Is dit meer ‘n
ding van die vroulike geslag?

Dit is tog so dat
sommige mense (mens noem dit tog seker nie vriende nie?) mens net laat voel you just don’t make the grade, dude!
Ek bid dat ek nie
ander so moet laat voel nie. Ons is elkeen uniek. Kosbaar.
Stephan Joubert se
e-kerk boodskap van onlangs laat my dink:
“In
gesonde verhoudings manipuleer mense mekaar nooit om aandag te kry nie. Wanneer
ons dus in die teenwoordigheid van iemand anders voel ons skiet te kort omdat
ons hom/haar nooit tevrede stel nie, dan word ons uitgebuit. God wil ons nooit
in emosionele afhanklikheid van ander mense laat leef nie.”
1 comment:
Soms hoef ons maar net te wees en nie so hard probeer om iets anders te wees nie.
Post a Comment