‘n Dag van onthou
Vandag, 15 jaar
gelede, was my pa se begrafnis. ‘n Dag om te
onthou.
Dit was ‘n
spesiale geleentheid met vriende se ondersteuning, familie se bymekaarkom,
kosbare herinneringe se opdiep en die. besef van God se genade.
Na die
begrafnisdiens, is manlief en die kinders terug Kaap se kant toe. Ek het vir ‘n
week agtergebly om by my ma te wees. Kort nadat hulle die middag vertrek het,
skakel een van my ma se bure ons om te sê ons moet die televisie aanskakel om
te sien wat besig is om in New York te gebeur.
Ja, dit was die
val van die Twin Towers. Die lugaanval wat soveel vernietiging meegebring het.
Menselewens wat verwoes is. Geboue wat inmekaargetuimel het. Ek het met
verslaentheid dit dopgehou.

Die datum sal
altyd kosbaar bly. En my pa, wat so lief was vir sy tuin en sy blomme,
sal altyd ‘n spesiale plek in my hart hê.
No comments:
Post a Comment