Geniet! Geniet! Geniet!
Voel soos gister dat
ek vir die buurmannetjie gesê het: “Dis Vrydag! Geniet jou naweek!”
En hier is dit voorwaar alweer Vrydag! En naweek! En dit was ‘n week gelede wat ek hom die vreugde toegewens het.
En hier is dit voorwaar alweer Vrydag! En naweek! En dit was ‘n week gelede wat ek hom die vreugde toegewens het.

Dis mos hoekom die
lewe al vinniger verbygaan hoe ouer ons word. My verduideliking hiervoor is dat
ons, soos ons ouer word, die geleentheid het om meer dinge te doen wat vir ons
lekker is. Bevoorreg. En ons het meer nonsies uitgeskakel. Hang-ups van ontslae geraak. Gemorsies weggewerk. Moontlik geleer
om beter keuses te maak?
Nou ja, dis
naweek. En die vliegtuig het pas hier oor ons gevlieg….
No comments:
Post a Comment