Maandag moontlikhede
‘n Goeie vriend van weleer het Maandagaande sy
inname beperk. ‘n Gekookte eier is wat hy vir aandete geniet het. Hy het geglo
dis reg vir na die naweek se overdaad.
Hier in die stad
adverteer ‘n paar dapper eetplekke spesiale aanbiedinge met gesonde opsies vir
Maandagaande. Sommige plekke maak sommer summier hul deure toe op ‘n
Maandagaand. Na die naweek se spandabelrige uiteet word die beursies styf
toegeknyp aan die begin van die nuwe week. En die personeel moet seker een of
ander tyd ruskans kry.
Dan is daar ook
die Meatless Monday beweging.

Alles goed en wel. Om verskeie redes klink dit vir my soms na ‘n gawe opsie. Na
te veel ryk kos en ‘n kuier om die braaivleisvuur oor ‘n naweek, klink dit so
edel. Om net die spysverteringskanaal bietjie rus te gee. Aan te help met meer
groenvoer en minder kitskos. En dan is dit goed vir die omgewing ook - so meen die wat weet.
Tot ek die
yskasdeur oopmaak en gister se bakkie kos sien wat oorgebly het. So maklik om
dit net in die oond te sit vir vanaand. En selfs ‘n bakkie oorskietslaai ook
wat reg staan.
No comments:
Post a Comment