Met vreugde en diep dankbaarheid
Vandag vier ek en
manlief ons 43ste huweliksherdenking. Sjoe, dis ‘n leeftyd! Maar net nog ‘n
ekstra “sjoe”: ons ken mekaar al amper 65 jaar!
Maar, soos my
geliefde opmerk: “She still keeps me
guessing!”
In onse geledere
is dit ‘n merkwaardige mylpaal wat bereik is. En een waaroor ons met diepe
dankbaarheid bewus is van baie, baie genade.

En as ons soms ‘n
afdraaipaadjie verkeerd gekies het, was daar ‘n stem wat ons teruggeroep het: “Hierdie
kant toe is die regte pad!”
Vanaand neem ek vir manlief uit vir aandete om ons saamwees te vier. In nederigheid. Met dankbaarheid.
En mag die humor
ons help om die volgende stuk lewenspad nie te ernstig op te neem nie! Meer geniet
wat die oomblik ons bied. Die saamwees is so kosbaar!
No comments:
Post a Comment