Die soet en sag
Soms (nogal
dikwels vir sommige) moet mens dit wat om jou is, uit ‘n ander hoek beskou. Nie
net die voor die handliggende raaksien nie.
Soos met pere.
Daai klipharde, groen of bruin misvormde vrugte wat as pere verkoop word.
Mistroostige goedjies. En moenie dink hulle word – soos die handelaar jou
verseker – sommer ryp op jou rak by die huis nie.
Maar so nou en dan
kry ek die pere te koop wanneer hulle ryp en sag en heerlik is! Dan kan ons dit
geniet soos wat dit van die boom af kom. Eers byt mens daai langnekkie morsaf!
Daarna ‘n hap in die vet lyfie dat die soet sap so teen jou ken af drup.

So, as die pere op
die winkelrak nie so gebruikersvriendelik lyk nie… maak ‘n plan! Skil hulle en
vorm hulle met jou skerp messie dat hul weer soos pere lyk! Stowe hulle
liefderik in daai sousie!
Moenie dat
kliphard of misvormd jou onderkry nie! Kyk verder! Droom en doen dat dinge
beter raak! Nog ‘n skeppie roomys oor – dit kan net nog lekkerder raak!
No comments:
Post a Comment