Gasvryheid
Op pad na die
sneeu in die Drakensberge, slaap ons twee nagte oor by dierbare vriende. Ons
word met opregte gasvryheid oorlaai. Kosbare tyd om saam te lag en saam
ernstiger sake op te neem. Sulke tye bêre ek in my onthou-boek met die hoop dat
ek dit eendag op my oudag regtig sal onthou…

Ek is opgewonde oor ons land se
toekoms. Saam sal ons in hierdie mooie land van ons kan vorentoe gaan met mense
soos Dominique. So, as jy in Harrismith se omgewing is, gaan kuier by Dom’s with Love.
En hier sit ons
nou en kyk na die lieflike Drakensberge. Skielik begin die sneeu te vinnig
smelt na ons sin! Môre moet ons gaan soek of ons nader aan die sneeu kan kom!
No comments:
Post a Comment