Die groentewinkel in die dorp

En hoe hoogmode is
dit nie weer deesdae nie! So wonderlik dat mense letterlik en figuurlik
“terugkom aarde toe”. Heerlik om vars produkte uit die grond te koop en nie
toegedraai in plastiek sodat mens nie kan sien wat dikwels daar aan die
onderkant weggesteek word nie.
Met ons kuier in
Riebeek-Wes stap ons in by ‘n piepklein winkeltjie wat bars van trots – pure
omdat alles so vars en netjies is! My kleintyd kom sommer hier by my verby
gehuppel!
Hoekom was die
eienaar van destyds se groentewinkel nie gereken as een van die juwele van die
dorp nie? Die man was so nederig. Ek sou graag drie van sy groentekissies
podium-styl voor sy winkel wil opstapel. En ek wil vir hom op die hoogste
trappie – wenner nommer 1 – wil laat staan. Sodat ons almal vir hom kan
handeklap en aanmoedig! Mooi so!
No comments:
Post a Comment