Die Capies se Kalkbaai.
Wanneer laas was
jy op Kalkbaai se hawe?
Wat ‘n kleurryke
plek vol vriendelike karakters.
Vandag was die
robbe sommer lekker woelerig en het hulle die water anderkant die hawemuur behooorlik
omgeklits. Die omie wat lekker in die sonnetjie sit en bak, vertel my dis die
plek waar hulle paar. Wie’s ek om te stry.

En hoe lekker smaak die vis!!!
Die vissermanne gooi die blinklywe oor die rand van die boot - varser kry mens nie!
No comments:
Post a Comment